London Transport Museum
Die London Transport Museum, of kort LT Museum in die Londense distrik Covent Garden is daarop gemik om die Britse hoofstad se vervoererfenis te bewaar en insae te lewer in die historiese ontwikkeling van vervoermiddels. Die museum se uitstalstukke het hul oorsprong merendeels in die versamelings van London Transport, die plaaslike openbare vervoermaatskappy, maar sedert die stigting van Transport for London (TfL) - 'n sambreelliggaam en plaaslike regeringsinstelling wat die openbare vervoerstelsel van Groter Londen bestuur en koördineer - in 2000 is die museum se fokus uitgebrei om alle aspekte van vervoer in die stad te dek.
Read article







